Coitus interruptus

Coitus interruptus, ook bekend as onderbroke geslagsgemeenskap of saadstorting buite die vagina, is ’n manier van geboortebeperking waarin die man tydens geslagsgemeenskap sy penis net voor sy orgasme of ejakulasie uit ’n vrou se vagina trek om bevrugting te probeer voorkom.

Dié metode word al minstens twee millennia lank gebruik en is steeds wêreldwyd algemeen.[1] Coitus interruptus bied nie beskerming teen seksueel oordraagbare infeksies nie.[2]

  1. Rogow D, Horowitz S (1995). "Withdrawal: a review of the literature and an agenda for research". Studies in family planning. 26 (3): 140–53. doi:10.2307/2137833. JSTOR 2137833. PMID 7570764., which cites:
    Population Action International (1991). "A Guide to Methods of Birth Control." Briefing Paper No. 25, Washington, D. C.
  2. Creatsas G (1993). "Sexuality: sexual activity and contraception during adolescence". Curr Opin Obstet Gynecol. 5 (6): 774–83. doi:10.1097/00001703-199312000-00011. PMID 8286689.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search